Die bekroonde Margit Meyer-Rödenbeck aka Dowwe Dolla se suksesvolle komedie-kabaret-vertoning, “OUMA IS OP PAD”, kuier op Woensdag, 6 November 2024, in ons nuwe Stage Coach-Teater.
Kaartjies kos R200 vir die vertoning. Jy kan die kaartjies aanlyn koop by https://qkt.io/ouma of by die ontvangskantoor van Santos Express Train Lodge in Munro Straat, Santos-strand, Mosselbaai
Kom geniet net die show òf boek ‘n vaste prys driegang ete wanneer jy kaartjies koop vir ‘n onvergeetlike aand. Ete begin 18:00. Show begin 20:00.
OUMA IS OP PAD (Geen onder 14)- komedie/kabaret
Met: Margit Meyer-Rödenbeck & Coenraad Rall(klavier)
Teks/Lirieke en Regie: Jurgen Human
Dowwe Dolla se Ouma het eintlik saam met Dolla afgetree einde 2021. Maar nou wil almal weet wie was daai tannie wat so aanstoot kon gee? En toe besluit Ouma sy het NOG ‘n paar dinge om kwyt te raak.
Ouma kom van Garies en soos meeste mense van daardie wêreld is sy ? formidabele vrou. In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie. Sy het al twee mans begrawe maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer. Met die dat haar kleindogter nou in die stad werk, en sy nou en dan moet gaan kuier.
Ouma is ‘n Knersvlakte nooi en sy is nou op pad … om ’n paar nuwe herinneringe te gaan maak. Sy kuier in Hermanus by haar seun, waar sy en ‘n pizza afleweringsman ‘n komplot smee teen haar skoondogter se chiuaua. In Pringlebaai lees sy die gedagtes van ‘n bobbejaan-mannetjie en op die Oppiewaterfees-skip vertel sy vir die “incheck-parade”-mannetjie, wat hy kan doen met sy Covid-vorms. En in Stellenbosch wonder sy en haar oud-kamermaat of hulle nie dalk weer n draai by Wilgenhof moet gooi nie..
Ouma kom met hierdie toer agter daar is baie dinge wat sy nie ken nie, en “takt” is een van hulle.
Rafiek Mammon skryf in Die Burger van 29 Maart met Ouma se opening by die KKNK 2024:
“Meyer-Rödenbeck is nou maar eenmaal ‘n staatmaker- op soveel vlakke. As aktrise stel sy nooi teleur nie; nog minder as komediant. En nog minder as intelligente waarnemer van van die menslike toestand. Meng dit met storievertellery uit die boonste rak, dan is jy mos in komediehemel. Ek praat nou Tolla van der Merwe en Jan Spies se vernuf as storievertellers.”
Kom geniet net die show of boek ‘n vaste prys driegang ete wanneer jy kaartjies koop vir ‘n onvergeetlike aand. Kaartjies, wat die driegang-aandete insluit, kos slegs R440 per persoon. Ete begin 18:00.
Kom geniet ‘n onvergeetlike aand. Ete begin 18:00. Show begin 20:00.
Indien jy sommer in die historiese trein wil oorslaap, het ons beperkte trein kompartemente, wat elk maksimum slaapplek vir twee persone bied, met kontinentale ontbyt vir twee persone ingesluit, beskikbaar teen R440 per kompartement.
Vir meer inligting: +27 44 691 1995