Tuinroete, skud jou vere reg!
Santos Express Train Lodge stel sy nuwe Stage Coach Teater op 14 Augustus 2024 bekend met die bekroonde “4 Panado’s en ’n Chardonnay” kabaret-produksie van Elsabé Zietsman.
In ’n wêreld waar verandering die enigste konstante is, het Elsabé Zietsman, ’n alombekende in die Suid-Afrikaanse en Europese teaterwêreld, ’n kabaretproduksie geskep wat die veerkragtigheid van haar en haar mede-Suid-Afrikaners vier.
Allan Robertson van Santos Express Train Lodge, sê Zietsman se kabaret resoneer met die konstante groeiproses wat hulle onderneming ervaar. “Dit is duidelik dat daar ’n behoefte aan gehalte vermaak in die Suid-Kaap is en ’n teater wat die nabyheid van die see en die nostalgie van die verlede, in ons geval die pragtige gerestoureerde trein en herinneringe aan treinreise, by mekaar bring.”
“Rond dit af met ’n ‘dinner-theater’ van ouds en jy bring ’n ervaring wat herinnerige gaan bou,” vertel Allan.
Elsabé se kabaret, getiteld “4 Panado’s en ’n Chardonnay”, is ’n viering van die Suid-Afrikaanse gees van volharding en aanpassingsvermoë. In hierdie kabaret, ook bekend as “Ek het al so baie my *** gesien, ek is bang vir *****”, vier Zietsman die veerkragtigheid van haar en haar mede-Suid-Afrikaners.
Die teks is deur Johann Slabbert geskryf en geregisseer, met musiekregie deur Tony Bentel. Dis ’n viering van die Suid-Afrikaanse gees. Wanneer ons val, staan ons op. Wanneer die mat onder ons uitgeruk word, maak ons bollemakiesies en land op ons voete.
As die wêreld om ons heeltemal uitmekaar val, drink Mamma vier Panado’s en ’n glas Chardonnay en Pappa steek die vuur aan. Môre probeer ons weer.
Dié kabaret is ’n ligte, intelligente, snaakse en bemoedigende vertoning wat die gehoor met ’n gevoel van hoop en optimisme laat.
Die bekende vryskut-kunsredakteur Diane de Beer skryf: “Zietsman is another one who keeps shifting those barriers and I am so delighted that she has added the magnificent Tony Bentel to accompany her on stage. He is one of those pianists who brings much more than just the music to the performance and it shows. ‘Vier Panado’s en ’n Chardonnay’ again has Zietsman expounding on life, singing brilliantly and with heart – and cherishing cabaret as it should be performed. The content, which deals with resilience,needs hardly any acting by this actor. Most of it is probably her life which she has shared heartily and hastily over the years.”
Kaartjies kos R180 vir die vertoning. Jy kan die kaartjies aanlyn koop by https://qkt.io/elzabe of jy by die ontvangskantoor van Santos Express Train Lodge in Munro Straat, Santos-strand, Mosselbaai.
Kaartjies, wat die vertoning asook ’n driegang-aandete insluit, kos slegs R420 .
Kontak +27 44 691 1995 vir meer inligting.